Welkom

ONS PLIG, ONS LUS

Hoërskool McLachlan is in 1912 amptelik geopen.
Dit het intussen ryk bygedra tot die welvaart van die Langkloof en ons land as geheel.
Dit dra die naam van ‘Oumeneer’ J. Du T. McLachlan, die legendariese skoolhoof vanaf 1914 tot 1940.

 
 
 

Ons is baie trots!! Baie geluk!!

posted by : McLachlan

09 Jul 2020


Ons is baie trots!! Baie geluk!!

'n Groot eer het 'n oud-leerder van HSM te beurt geval. Prof. Daneel Ferreira se naam verskyn op die lys van die beste 2% wetenskaplikes in die wêreld!!
Die universiteit van Stanford in die VSA het n lys van 159 648 name gepubliseer van wetenskaplike oor die hele wêreld. Daneel Ferreira verskyn onder die top 2%. Voorwaar 'n groot prestasie vir 'n Kouga-kind.
In sy eie woorde:
Natuurlik kan mens ook nie anders nie as om hulde te bring aan die uitstaande Hoërskool McLachlan onderwysers wie die oorspronklike grondslag vir ‘n onbeskryfbare liefde en belangstelling vir Skeinat en Wiskunde, veral Chemie by ‘n Kougakind wakker gemaak het. Ek dink aan mnr.
Jack Deyzel wat die eerste saadjie gesaai het toe hy in 1957 ons die formule vir die omskakeling van die Celsius en Fahrenheit temperatuurskale laat aflei het, mnr. J.C. Badenhorst met sy stille aanmoediging van std sewe tot in matriek en mnr. S.J.Hofmeyr wat my gehelp het om suksesvol vir ‘n Staatsdiens Kommissie beurs aansoek te doen.


My liefde vir Chemie en Wiskunde is in die Hoërskool McLachlan (1956-1960) deur mnr J.C. Badenhorst en mnr Jack Deyzel gekweek. Sal altyd met waardering en dankbaarheid terugdink aan die wonderlike vyf jaar wat ek as Kougakind in HSM kon deurbring.

Congrats on a well-deserved award!!! Wish I could be there to see you receive it!

University of Mississippi School of Pharmacy is saam met
Daneel Ferreira.

7 Jul. om 17:05

Congratulations to Daneel Ferreira, professor emeritus of pharmacognosy, on being awarded the Phytochemical Pioneer Award by the Phytochemical Society of North America!
Dr. Ferreira will be honored at the organization’s annual meeting in 2021.
 

share this article

Share on facebook
 

1 Images

For this article