Sasol Solar Challenge 2018
posted by : McLachlan
28 Sep 2018
Sasol Solar Challenge 2018 – die 11 Gr 8 tot 11 leerders wat die avontuurlike leersame uitstappie na Kareedouw onderneem het was aangenaam verbaas oor die spoed en grootte van die 9 sonaangedrewe karretjies wat deel was van die dag 6 se uithourit tussen PE en Sedgefield.
Die karretjies ding mee om die verste afstand per dag se sonlig te ry. Ons wetenskap en wisk leerders het eers self geeksperimenteer met klein sonkarretjies voor die regte karre opgedaag het. Hulle het ook aan die interaktiewe uitdagings deelgeneem en pette gewen. Kareedouw was die dag se halfpad pitstop en middag-ete plek vir die 5 internasionale spanne en 4 SA Universiteite spanne.